On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Saul sal ontevrede Ritchie-gemeenskap besoek

───   12:17 Fri, 27 Sep 2019

Saul sal ontevrede Ritchie-gemeenskap besoek | News Article

Die gemeenskap van Ritchie in die Noord-Kaap sal Maandag 30 September 2019 deur premier Zamani Saul besoek word.


Dit kom nadat inwoners vroeër vandeesmaand en gister betoog het weens hulle ontevredenheid met die raadslede en die aanstelling van sub-kontrakteurs by ‘n padprojek in die gebied.

Die woordvoerder van die premier, Bronwyn Thomas-Abrahams, het aan OFM-nuus gesê dat die premier deur die gemeenskap én die raadslede genader is om met die inwoners te vergader. Sy het bygevoeg dat die premier na die gemeenskap se griewe sal luister om oplossings te probeer vind vir die ontevredenheid wat tans in Ritchie heers.

Abrahams is positief dat daar ná dié vergadering duidelikheid sal wees oor die pad vorentoe. Sy pleit vir kalmte in die gebied en vra dat die gemeenskap hulle ontevredenheid deur die regte kanale bekend sal maak. Sy veroordeel die afbrand van openbare geboue.

Dit kom nadat inwoners gister paaie met klippe versper het en ‘n internet-kafee in die Phelindaba-gebied aan die brand gesteek het.

Saul se besoek aan dié gemeenskap sal na verwagting kom nadat hy die nuwe R1.3 miljard se psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.