On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

NW-meisie ongedeerd gevind

───   11:31 Tue, 01 Oct 2019

NW-meisie ongedeerd gevind | News Article

Die sesjarige meisie van Noordwes, wat Saterdag 28 September 2019 in Pudimoe, naby Taung, vermis geraak het, is gevind.


Polisiewoordvoerder, Adele Myburgh, het aan OFM-nuus gesê dat Bokamoso Keletso omstreeks 02:00 vanoggend deur 'n plaaslike vrou op 'n plaas naby Vryburg gevind is. Die vrou het dit by die polisiestasie in die omgewing aangemeld.

Myburgh sê die polisie ondersoek tans wat gebeur het toe sy verdwyn het en dat sy ook vir mediese sorg geneem word.

OFM-nuus het vroeër berig dat Keletso Saterdagmiddag in Dryharts laas gesien is in die geselskap van haar ses-jarige familielid en 'n ongeïdentifiseerde man wat na bewering geestelik-versteurd is.

Volgens Myburgh het die meisies gewag op 'n volwasse vroulike familielid wat Saterdag omstreeks 11:00 met 'n taxi van die stad sou terugkeer.

Keletso se verdwyning kom nadat talle kinders die afgelope weke in die provinsie as vermis aangemeld is. Een geval is 'n twaalfjarige seun wat byna 'n week voor Keletso se verdwyning op die Damonsville-sportterrein in Brits vermis geraak het. Onthathile Mogape se lyk is enkele dae ná sy verdwyning deur polisieduikers ontdek. Myburgh sê 'n ondersoek is na die dood van die seun geopen.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.