Central SA
NK-polisie waarsku motoriste teen rylopers─── 18:00 Wed, 02 Oct 2019
Die polisie in die Noord-Kaap waarsku motoriste in die Postmasburg-omgewing om nie rylopers op te laai nie want dit kan hul lewens in gevaar stel.
Dit kom nadat verskeie roofvoorvalle by polisiestasies in die area aangemeld is waar motoriste gedwing is om by bosse in te ry waar hulle met messe aangehou is en gedwing is om geld elektronies aan die oortreders oor te betaal of hulle bankkaarte en pin-nommers te gee.
Polisiewoordvoerder, Olebogeng Tawana, sê polisie kan nog nie vasstel of ‘n sindikaat by dié kriminele aktiwiteite betrokke is nie. Tawana het ook verduidelik dat soortgelyke voorvalle van roof ook in Kuruman en Kathu aangemeld is.
OFM-nuus/Elsabé Richard
