On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

NW-munisipaliteit skors bestuurder, ander

───   10:28 Sat, 05 Oct 2019

NW-munisipaliteit skors bestuurder, ander | News Article

Die Bojanala Platinum-distriksmunisipaliteit, wat Brits en Rustenburg in Noordwes insluit, het die afgelope week 'n spesiale vergadering gehou.


Hier is die toekoms van albei die munisipaliteit se bestuurder, Pogiso Shikwane, en die finansiële hoof, Olga Ndlovu, bespreek. Die twee is geskors nadat 'n verslag van die uitvoerende burgemeester, wat aan die Raad voorgelê is, lig op die bewerings van finansiële wangedrag teen die twee werp. 

Daar is ook gesê dat die finansiële wangedrag moontlik die finansiële stabiliteit van die munisipaliteit belemmer het.

OFM-nuus het voorheen berig dat die huidige finansiële situasie van die munisipaliteit gelei het tot die vertraging van die salarisbetalings vir werknemers in September. Werkers in die laer salarisskaal het egter gesê dat hulle hul salarisse ontvang het.

Die munisipaliteit het sewe dae aan Shikwane en Ndlovu gegee om redes aan te voer waarom hulle nie geskors moet word nie.

Verder het die Demokratiese Alliansie (DA) in Noordwes 'n beroep op die provinsiale komitee vir openbare rekeninge gedoen om die politieke leierskap en senior bestuurders van die munisipaliteit dringend te ontbied om rekenskap te gee van die haglike finansiële toestand van die munisipaliteit.

In Julie is die salarisbetalings van werkers vertraag weens die nie-betaling van die billike aandeel deur die provinsiale tesourie.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.