On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Bfn-hospitaal reeds twee dae sonder water

───   17:31 Thu, 24 Oct 2019

Bfn-hospitaal reeds twee dae sonder water | News Article
Pelonomi Hospital

Die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein in die Vrystaat is vir die afgelope twee dae sonder water.


Dit is volgens woordvoerder vir die Departement van Gesondheid, Mondli Mvambo, wat aan OFM-nuus verduidelik het dat dele van die Mangaung Metro Munisipaliteit tans watertoevoerprobleme ondervind wat ongelukkig die watertoevoer na die hospitaal beïnvloed. 

Mvambo sê die hospitaal is in besit van reservoirs wat gebruik word wanneer daar ‘n waterkrisis is. Hy sê egter die water in hierdie reservoirs is gebruik en het verduidelik dat die departement die munisipaliteit, sowel as Bloemwater, gekontak het om die reservoirs te vul.

“Intussen koop ons water sodat ons pasiënte in alle sale water kan kry as hulle hulle medikasie neem, terwyl die munisipaliteit ons help met alternatiewe waterbronne. Ons hoop dat 'n vragmotor gestuur sal word om die reservoirs weer op te vul totdat hulle die watersituasie uitgesorteer het,” verduidelik hy.

Woordvoerder van die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit, Qondile Khedama, het aan OFM-nuus bevestig daar was 'n probleem met 'n klep of pomp, maar hulle het die hospitaal se reservoir begin vul, en die probleem sal na verwagting binnekort opgelos word.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.