Central SA
NK-man weer in hof vir meisie se moord─── 08:27 Mon, 04 Nov 2019
Die man wat tereg staan op die moord van sy vriendin sowat ‘n week gelede in Kimberley, in die Noord-Kaap, verskyn weer vandag in die Galeshewe-landdroshof.
OFM-nuus het voorheen berig dat Thabo Khonkhobe op die toneel deur polisie in hegtenis is nadat hy Mases Cross in haar huis in Galeshewe met ‘n mes doodgesteek het.
Hierdie voorval kom te midde van president Cyril Ramaphosa se reddingsplan om geslagsgeweld in die land te bekamp. Ramaphosa het ‘n week gelede bekend gemaak dat regeringsdepartemente daarin geslaag het om R1,6 miljard te herprioritiseer om geslagsgebaseerde geweld te bekamp.
Ramaphosa sê dat met hierdie geld beplan die regering, , onder meer, om maatskaplike werkers aan te stel en na versorgingsentrums reg oor die land te ontplooi om dienste aan oorlewendes van geslagsgebaseerde geweld te voorsien.
OFM-nuus/Elsabé Richard
