Central SA
Tweede ernstige ongeluk in dae by Harrismith gerapporteer─── 08:45 Thu, 07 Nov 2019
‘n Tweede ernstige ongeluk is binne dae op die N3 tussen Harrismith en Warden in die Oos-Vrystaat gerapporteer.
Dit is volgens EMS-woordvoerder, Sipho Towa, wat aan OFM-nuus bevestig het dat die ongeluk vanoggend sowat 2-uur plaasgevind het. Towa sê twee vragmotors was betrokke. Hy sê een vragmotor het in die ander vasgery, waarna EMS en Maluti-A-Phofung munisipaliteit se brandweer die bestuurder uit die vragmotor moes uitsny. Hy is daarna na die Busamed-hospitaal in Harrismith vervoer. Towa het bevestig dat die pad oop is vir verkeer.
OFM-nuus het voorheen berig dat nege mense, wat twee kinders insluit, in ‘n tragiese ongeluk Sondag tussen Harrismith en Qwaqwa op die R74 dood is. Die Vrystaatse LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer, Sam Mashinini, het sy simpatie teenoor die gesinne van die slagoffers uitgespreek. Mashinini het ook ‘n beroep gedoen op alle bestuurders om te alle tye die padreëls na te kom.
OFM-nuus/Elsabé Richard
