Central SA
Kimberley-trio in Swartz-moord gevonnis─── 09:17 Thu, 07 Nov 2019
Die drie verdagtes in die moordsaak van Gershwin Swartz in Kimberley in die Noord-Kaap in 2016, is vroeër vandeesweek skuldig bevind en in die Kimberley Hooggeregshof gevonnis.
Dit is volgens polisiewoordvoerder, Mohale Ramatseba, wat rapporteer dat die eerste verdagte, Shaun Carelse, twee dae nadat Swartz se ouers hom as vermis aangemeld het, in hegtenis geneem is.
Carelse is daarna saam met die polisie na ‘n oop veld langs die R31 waar hy uitgewys het waar Swartz se lyk is. Volgens Ramatseba is Kamogelo Mochumi en Boitumelo Matlhola in hegtenis geneem nadat hulle name tydens die ondervraging genoem is. Carelse en Mochumi is weens die moord albei tot lewenslangegevangenisstraf gevonnis, terwyl Mathola 23 jaar opgelê is. Die trio is ook weens roof en ontvoering gevonnis nadat Swartz se motor in hulle besit gevind is.
OFM-nuus/Elsabé Richard
