Central SA
Mangaung Metro vs Heidedal-inwoners in hof─── 10:15 Thu, 07 Nov 2019
Die inwoners van Wyk 47, wat Heidedal in Bloemfontein insluit, en die Mangaung Metro-munisipaliteit (MMM) in die Vrystaat, verskyn weer vandag in die Vrystaatse Hooggeregshof.
Dit nadat die munisipaliteit onverwags ‘n dagvaarding uitgereik het aan inwoners in Augustus vanjaar, met die hoop om hul protesoptrede by die busdepot in die area te betwis.
Daar is by die laaste verhoor in September bekend gemaak dat die saak verder uitgestel is om inwoners en hul regsverteenwoordiger, Simba Chitando, toe te laat om hul reaksie op die verklaring te bespreek.
Dié wyk se raadslid, Mokgadi Kganakga, het haar teleurstelling teenoor die munisipaliteit uitgespreek en aan OFM-nuus gesê dit is verwarrend dat die munisipaliteit beweer daar is 'n gebrek aan finansies, maar tog word daar baie geld aan dié saak bestee om 'n hele gemeenskap met ‘n interdik van 'n projek weg te hou - terwyl daar ‘n gebrek aan water en dienslewering in die area is.
OFM-nuus het voorheen berig dat die inwoners gekant is teen die omstrede Geïntegreerde OpenbareVervoer-netwerk (IPTN) Hauweng-projek wat sedert die bekendstelling in Mei baie gekritiseeris, onder meer omdat die inwoners nie by die projek betrek is nie.
OFM-nuus/Elsabé Richard
