Central SA
Noord-Kaap man verskyn in hof vir moord op vrou─── 15:44 Mon, 18 Nov 2019
Die 46-jarige Colin Solomons het vandag in die hof in Upington verskyn.
Hy staan tereg op vyf aanklagte van onder meer moord, poging tot moord, diefstal van 'n vuurwapen, aanranding asook die afvuur van 'n vuurwapen in 'n munisipale gebied.
Solomons het vandag sy aansoek om borgtog laat vaar.
Die verdagte het glo sy vrou Sondag-oggend omstreeks 01:00 vyf keer met 'n vuurwapen geskiet.
Hy het homself ná die voorval aan die polisie oorhandig.
Die saak is tot 19 Desember vir verdere ondersoek uitgestel.
OFM-nuus/Roderick Titus
