Central SA
Sosiale media reageer fel teenoor Heidedalse pa─── 15:56 Fri, 29 Nov 2019
‘n Sosiale media storm het losgebars nadat ‘n pa van Heidedal, Bloemfontein, glo sy dogtertjie só erg aangerand het dat sy in die hospital in die stad opgeneem is.
Die dogtertjie is glo in Universitas nadat sy verskeie beserings opgedoen het. Foto’s van haar doen die rondte op sosiale media en gebruikers het begin om vergeldende boodskappe op die pa se FB-blad te los. OFM-nuus het intussen medianavrae by die polisie en die Vrystaatse Departement van Gesondheid ingedien. Die aanranding het glo gisteroggend gebeur.
OFM-nuus/Cathy Dlodlo en Penelope-Ann Mabale
