On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

MRK waarsku NK-inwoners oor uitsprake op sosiale media

───   11:49 Fri, 24 Jan 2020

MRK waarsku NK-inwoners oor uitsprake op sosiale media | News Article

Die hoof van die Menseregtekommissie in Upington in die Noord-Kaap, advokaat Chantelle Williams, sê inwoners van die ZF Mgcawu-distrik moet versigtig wees met uitsprake op sosiale media.


William sê dit kan nadelige gevolge vir mense en veral buitelanders inhou. Williams meen leiers van die gemeenskappe wat aan die voortou staan van uitsettings van buitelanders vanuit gemeenskappe, behoort die situasie beter te hanteer en eerder die gemeenskap in te lig oor die gevare van dwelmmisbruik.

Williams sê die grondwet van Suid-Afrika beskerm alle inwoners van die land ongeag hulle nasionaliteit en dat inwoners dit behoort te respekteer. Sy sê enige bewering van dwelmhandel behoort by die polisie aangemeld te word en dat dit onwettig is van inwoners om self die huise van buitelanders te deursoek, aangesien dit inbraak op hulle menseregte maak. 

Williams sê haar kantoor se standpunt rakende die gemeenskap se uittsetings van buitelanders vanuit woonbuurte, moet nie buite konteks aangehaal word nie.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.