On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Vakbond eis dat NK-departementshoof ontslaan moet word

───   16:29 Wed, 26 Feb 2020

Vakbond eis dat NK-departementshoof ontslaan moet word | News Article

Die streeksekretaris van die vakbond Nehawu in die ZF Mgcawu-distrik in die Noord-Kaap, Pindile Rafisha, het vandag gesê hulle gaan die Noord-Kaapse Wetgewer, asook die Departement van Sport, Kuns en Kultuur se kantoor in Kimberley besoek.


Die vakbond sou die premier, Zamani Saul, en die LUR vir sport, Bernice Sinxeve, gaan vra om onmiddellik ontslae te raak van die omstrede hoof van die sport-departement, Ruth Palm, wat vroeër deur die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se kantoor by korrupsie van meer as R1 miljoen betrek is. 

Dié geld is na bewering aan 'n maatskappy betaal om 'n fees te reël wat nooit plaasgevind het nie. Rafisa het verder gesê hulle gaan staak totdat gehoor gegee word aan hulle eise, wat 'n terugbetaling van bonusse asook beter werksomstandighede by dié departement insluit.

Verskeie streke, waaronder Pixley Ka Seme, Namakwa en Gamagara sou die staking vandag ondersteun.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.