On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

NK-burgemeester sê werknemers se veiligheid is prioriteit

───   12:15 Wed, 08 Apr 2020

NK-burgemeester sê werknemers se veiligheid is prioriteit | News Article
Photo: upington.co.za

Die burgemeester van die Dawid Kruiper Munisipaliteit in die Noord-Kaap, Micheal Segedi, sê die veiligheid van werknemers by die Eiland Vakansieoord is 'n prioriteit.


Dit kom nadat 'n groep Suid-Afrikaners wat vanuit Namibië na die land teruggekeer het, nou vir 14 dae by dié oord in kwarantyn geplaas is.

Segedi sê die gebruik van die oord om persone in kwarantyn te plaas is in samewerking met die departement van gesondheid en ander owerhede in 'n poging om die verspreiding van Covid-19 te verhoed. Hy sê lopende water, asook werkende sanitasiegeriewe en ander noodsaaklikhede is beskikbaar vir diegene wat hier in kwarantyn geplaas is. 

Dit kom nadat minstens sewe persone - wat die land van die Nakop-grenspos binnegekom het - hier en by die Keimoes hospitaal in kwarantyn geplaas is.


OFM-nuus/Roderick Titus






@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.