On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

#Coronavirus: NK polisie ondersoek kospakkie-bewerings

───   11:33 Thu, 16 Apr 2020

#Coronavirus: NK polisie ondersoek kospakkie-bewerings | News Article

Die polisie in Upington ondersoek ‘n saak oor vals bewerings op sosiale media wat ‘n raadslid van die Dawid Kruiper-munisipaliteit by die provinsiale kospakkie-debakel betrek het.


OFM-nuus het vroeër berig dat die ANC en opposisiepartye hulle sterk uitgespreek het oor die uitdeel van kospakkies wat bedoel is om kosnood tydens die nasionale inperking te verlig. 

Bewerings oor die misbruik van die proses deur raadslede het die rondte begin doen op sosiale media. Raadslede word daarvan beskuldig dat hulle dié pakkies aan familie en vriende uitdeel. 

Brigadier Johhny Besnaar sê volgens die jongste beweringe teen die Dawid Kruiper-raadslid het die polisie by sy huis op kospakkies beslag gelê. 

Hy sê hierdie is vals inligting en gaan onnodige spanning onder die gemeenskap veroorsaak. Die verspreiding van vals inligting is ‘n kriminele misdryf in terme van die inperkingsmaatreëls. 

Intussen het die uitvoerende burgermeester, Micheal Segedi, die verspreiding van vals inligting sterk veroordeel en gevra dat inwoners verantwoordelik optree.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.