Central SA
#Coronavirus: Opname oor impak van COVID-19 pandemie begin─── CATHY DLODLO 13:48 Tue, 21 Apr 2020
Statistiek Suid-Afrika het ‘n elektroniese opname – wat die impak van die Covid19 pandemie op Suid-Afrika gaan meet - begin.
Volgens ‘n media-vrystelling deur die organisasie is akkurate statistieke een van die belangrikste aspekte in die hantering van krisis-tye. Statistiek-Generaal Risenga Maluleke sê die bevindinge gaan gebruik word om die impak op die bevolking te meet en om te help met ‘n strategie oor hoe om die pandemie verder te beveg.
Hy sê as Suid-Afrika die stryd wil oorwin moet die oplossings gebasseer wees op nagevorsde inigting. Die opname gaan ondermeer kyk na die Gesondheid van Suid-Afrikaners, hulle gedrag en persepsies. Die tweede gedeelte gaan fokus op indiensneming, inkomste en ander aspekte soos armoede.
Die derde fokus gaan kyk na onderwys – insluitende tuisonderrig en hoe mense in die algemeen hulle tyd bestee gedurende die nasionale inperking.
OFM-nuus
