On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Bykans 30 nuwe #Covid19-gevalle in NK aangeteken

───   ELSABÉ RICHARD 12:13 Thu, 25 Jun 2020

Bykans 30 nuwe #Covid19-gevalle in NK aangeteken | News Article

Die Noord-Kaap het onlangs ‘n toename van 29 nuwe koronavirusgevalle aangeteken.


Volgens die Departement van Gesondheid is twintig van hierdie gevalle in die Umsobomvu Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-streek aangemeld. Diegene wat positief getoets het, is tussen 17 en 79 jaar oud.

Die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit, wat Kimberley insluit, het vier nuwe gevalle aangeteken met ouderdomme wat wissel tussen 16 en 50 jaar oud.

Twee vroue in die ouderdomme van 51 en 80 jaar, het in die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit positief vir die virus getoets.

Die Ubuntu, Kai !Garib, en Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteite het elk een nuwe geval, waarvan die ouderdomme wissel van 27 tot 76 jaar oud. 

Die provinsie het intussen bevestig dat 112 mense van die virus herstel het, met een sterfte, wat die aktiewe gevalle in die provinsie op 286 te staan bring.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.