On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

#SchoolsReopening: NK gereed om leerders te ontvang

───   08:51 Mon, 24 Aug 2020

#SchoolsReopening: NK gereed om leerders te ontvang | News Article

Die Noord-Kaapse departement van onderwys sê die infasering van sowat 216 754 leerlinge vandag is deel van die departement se planne om te verseker dat alle leerders hul grondwetlike reg tot basiese onderrig kan uitoefen.


Die departement se Geoffrey van der Merwe sê hulle is gereed om die leerders vandag terug te verwelkom, terwyl grade 5 en 8 'n week later sal terugkeer klasse toe. 

Van der Merwe sê alle skole het die nodige persoonlike beskermingstoerusting ontvang en senior departementslede is vandag in al vyf streke ontplooi om seker te maak dat alles volgens plan verloop. 

Hy voeg by ouers moet hulle kinders na skole toe stuur en waar tuisonderrig plaasvind, verseker dat hulle weekliks hul kinders se werk by skole afhaal en weer terugbesorg sodat dit nagesien kan word. 

Hy sê die departement bly verbind tot die bekamping van die koronavirus en sal alles moontlik doen om die veiligheid van onderwysers sowel as leerders te verseker.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.