Central SA
Honderde byeen vir NK-polisieman se gedenkdiens─── 09:00 Thu, 01 Oct 2020

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en lede van die gemeenskap in die ZF Mgcawu-streek kom tien-uur vanoggend by die Mxolisi Dicky Jacobs-stadion in Upington byeen om hulde aan die ontslape brigadier Sampie Koopman te bring.
Die gedenkdiens, wat deur die plaaslike polisie gereël is, kom nadat Koopman sy stryd teen Covid-19 verloor het.
Koopman word Saterdag ter ruste gelê.
Brigadier Johhny Besnaar het Koopman se heengaan betreur en die gemeenskap gevra om tydens die gedenkdiens sy nalatenskap te onthou.
Die diens gaan, volgens die polisie, tot slegs vyf-honderd mense beperk word.
Inwoners word aangeraai om hulle maskers te dra en sosiale distansiëring tydens die geleentheid toe te pas.
OFM-nuus/Roderick Titus