Central SA
Vrystaatse boervrou oorleef ontvoering - VIDEO─── 10:20 Fri, 23 Oct 2020
'n Vrystaatse boervrou sê sy glo goeie kommunikasie tussen familielede, boere en die polisie het haar lewe gered.
Volgens eNuus dink Marieta Groenewald dink ook haar vermoë om Sesotho te praat en met haar aanvaller te onderhandel, het genoeg tyd gewen sodat hy haar nie vermoor het voor hulp opgedaag het nie.
Groenewald is ontvoer minder as 80 kilometer vanaf die plaas waar die jong plaasvoorman Brendin Horner vroeër hierdie maand vermoor is.
