On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

#EKSKLUSIEF: Nuwe inkopiesentrum toe eintlik regeringskantore

───   CATHY DLODLO 06:17 Fri, 04 Dec 2020

#EKSKLUSIEF: Nuwe inkopiesentrum toe eintlik regeringskantore | News Article

Die Vrystaatse Onderwysdepartement het kommer rakende die verskuiwing van een van sy afdelings se kantore as ongegrond afgemaak.


OFM-nuus het vrae aan die departement gestel nadat die geskiktheid van die nuwe gebou waarheen amptenare verskuif word en die huurkontrak onder die soeklig geplaas is. 

Woordvoerder van die departement, Howard Ndaba het bevestig dat staatsamptenare in die Direktoraat: Eksamens en Evaluering van die Onderwysdepartement in kennis gestel is dat hulle na ‘n nuwe gebou - wat algemeen bekend staan as die “China-Mall” - verskuif word. Die huur gaan die departement miljoene rande per maand kos. 

Die gebou – die N8 Gateway Office Park – is op die hoek van Rudolf Greyling – en AW Louw rylaan in Estoire, Bloemfontein, geleë. 

Ten spyte van vroeër aanduidings dat die gebou vir ‘n inkopiesentrum gesoneer is, het die onderwysdepartement nou bevestig dat dit vir regeringskantore gehuur is. Klagtes oor die baie klein kantore, die lekkende dak en dat dit te afgeleë is vir die publiek, is deur die departement as ongegrond afgemaak. Vrae oor die geldigheid van die huurkontrak is ook geopper.

Regeringskontrakte word gewoonlik deur die mees senior staatsamptenaar in ‘n departement onderteken, maar dié kontrak is deur die Vrystaatse Premier geteken – die politieke hoof van die provinsie. Ndaba het in sy antwoord op geskrewe vrae van OFM-nuus gesê die premier het die kontrak as beskermheer van provinsiale departemente geteken.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.