On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

VS skole 'n teiken vir misdaad

───   CATHY DLODLO 08:18 Tue, 08 Dec 2020

VS skole 'n teiken vir misdaad | News Article

Vrystaatse skole het die jongste teiken vir misdadigers geword. Die polisie in die Vrystaat sê altesaam ses skoolbussies is die afgelope tyd by skole gesteel.


OFM-nuus het ook berig oor twee gevalle waartydens gewapende rowers by skole in die Vrystaat toegeslaan het. Dit blyk of die busse met die skole se name op nie eens skelms afskrik nie.

Provinsiale polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê die ses Quantum-skoolbussies is by verskeie skole oor die provinsie heen gesteel tussen Maart 2020 en vandeesmaand terwyl hulle op die skoolperseel geparkeer was. Vyf van die bussies is intussen terruggevind.

Die Vrystaatse departement van Onderwys het by navrae sy kommer oor misdaad by skole uitgespreek. 'n Gewapende rower het onderwysers by Universitas Primêre Skool gyselaar gehou ná die Graad R-gradeplegtigheid. Tydens 'n matriekkamp in Bloemfontein het rowers 'n groep meisies van hulle besittings, insluitende selfone, beroof.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.