On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Bethlehem 'onder water' ná reën

───   14:46 Wed, 23 Dec 2020

Bethlehem 'onder water' ná reën | News Article
Image: Isoldé Laesecke/Twitter

Bethlehem in die Vrystaat het 'n swaar watervloed binne die middel van die dorp beleef ná reën wat deur die loop van die week geval het.


Dit het daartoe gelei het dat die Jordaanrivier Woensdagoggend oorgeloop het en paaie – veral die hoofstraat – oorstroom het. 

Volgens OFM luisteraar, Wilma Wessels, kon mense wat van Morelig en Lindley tot in Bethlehem ry nog by die Gideon Knobel brug oorkom. Gholf-Pretorius en Lindleysrate was wel gesluit en bestuurders moes na Commissioner of Cambrighstrate tot by Mullerstraat ry, waar verkeersbeamptes hulle na Kerkstraat gelei het. 

Kerkstraat is, anders as gewoonlik, as ‘n tweerigtingstraat gebruik. Wessels het bygevoeg dat diegene wat vanaf die Paul Roux rigting kom steeds deur Mullerstraat kan ry tot waar verkeersbeamptes die roete verder via Kerkstraat aandui.

Mense vanaf Bohlokong en die res van die woonbuurte wat dorp toe beweeg kan slegs Kerkstraat gebruik. Dieslefde geld vir mense wat vanaf Fouriesburg se kant af kom. Hulle sal nie van Mullerstraat gebruik kan maak nie maar Kerkstraat wel.

OFM Nuus/Blaine Jones

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.