On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

SAPO waarsku teen “touwagters”

───   10:42 Mon, 28 Dec 2020

SAPO waarsku teen “touwagters” | News Article

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) in Upington se Pieter Sanderson sê mense wat die R350 vanaf die noodhulpfonds ontvang moet nie aan sogenaamde “touwagters” betaal vir ‘n plek voor in die ry nie.

So ‘n klagte is na SAPO se ondersoekspan verwys.

“Touwagters” staan glo in die vroeë oggendure reeds in rye voor die poskantoor en verkoop dan so die plekke aan begunstigdes van die noodhulpfonds.

Hy sê mense kan met hulle poskantoor reël sodat die geld in ‘n Posbank rekening betaal word, wat hulle later gerieflik kan onttrek.

Sanderson voeg by lynwagters tree onwettig op, en mense moet nie hul misdadige optrede bevorder nie.

Lang's rye mense staan so vroeg as 5:00 soggens voor die poskantoor.

Dié verskynsel word ook glo regoor Suid-Afrika ervaar.

Sanderson maan mense ook om te voldoen aan die Covid-19 inperkingsregulasies wat sosiale distansieëring betref, terwyl mense ook nie maskers onder mekaar moet deel nie.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.