Central SA
#CoronavirusNC: LUR ontslaan─── 06:26 Mon, 04 Jan 2021
Die Noord-Kaap se LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Abraham Vosloo, wat vroeër weens Covid-19 in die Upington Medi-Clinic opgeneem is, is ontslaan.
Volgens die LUR se kantoor gaan hy weens mediese advies van sy dokter verder tuis aansterk.
Vosloo, die voormalige LUR vir Openbare Werke, se woordvoerder Ali Diteme sê hy sterk goed aan op die voorgeskrewe medikasie. Diteme sê Vosloo sal sy werksaamhede hervat in die privaatheid van sy huis totdat hy volkome herstel het.
Hy se die departement moedig die publiek aan om gehoor te gee aan die inperkings regulasies aangesien Covid-19 'n realiteit is en 'n lewensgevaar vir mense inhou.
OFM-nuus/Roderick Titus
