Central SA
Noord-Kaap toon afname in Desember padsterftes─── 14:32 Wed, 06 Jan 2021
Daar is in Desember 27 sterftes op die provinsie se paaie aangemeld - 'n vermindering van 18% in vergelyking met die dieselfde tydperk in 2019.
Die Noord-Kaapse Departement van Veiligheid en Skakeling het dit toegeskryf aan die instelling van die Covid-19 aandklokreël, wat die aantal voertuie op die paaie aansienlik verminder het.
Die Departement het altesaam 90 amptenare oor die Desember tydperk ontplooi.
Die finale syfers sal teen die einde van die maand beskikbaar wees
Die departement moedig verder alle padgebruikers aan om die land se padreëls na te kom, aangesien die land steeds onder Vlak 3 van die nasionale Covid-19 inperking verkeer.
OFM-nuus/ Mia-Leigh Cloete
