On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Kragonderbrekings op die kaarte vir Dawid Kruiper

───   07:42 Mon, 11 Jan 2021

Kragonderbrekings op die kaarte vir Dawid Kruiper | News Article

Inwoners en sakeondernemings van die Dawid Kruiper munisipale regsgebied in die Noord-Kaap kan hulself staal vir kragonderbrekings wat talle dae kan duur, weens noodsaaklike herstelwerk aan een van die munisipaliteit se hoof transformators.

Volgens die munisipaliteit is hulle genoodsaak om die kragtoevoer na 'n groot gedeelte van die sakegebied asook woonbuurte te onderbreek gedurende die herstelwerk tussen 11 en 22 Januarie.

Daardie tydperk kan moontlik verleng word. Pabalelo, Rosedale, Kalksloot en Sesbrue, asook die Kalahari Mall, Blydeville, Oosterville asook Keidebees sal deur die herstelwerk geraak word.

Die munisipaliteit het intussen gevra dat krag spaarsamig gebruik moet word gedurende die tyd, en dat nie-noodsaaklike toestelle afgeskakel moet word.

Alle kragpunte moet ten alle tye as lewendig beskou word.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.