On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

#CoronavirusNC: Kliniek sien 400%-toename in gevalle

───   06:10 Wed, 13 Jan 2021

#CoronavirusNC: Kliniek sien 400%-toename in gevalle | News Article
Photo: Pixabay/Fernando Zhiminaicela

Die Mediclinic Gariep in Kimberley se woordvoerder, Denise Coetzee, sê dat daar die afgelope twee weke ‘n toename van 400% in die getal coronavirus-pasiënte by die kliniek aangeteken is.

Sy voeg by minstens 1,2 ton suurstof word per dag by die kliniek gebruik, wat groot kommer onder mediese personeel wek aangesien die kliniek nou meer suurstof as ooit gebruik.

Sy sê egter hulle is toegerus om ‘n toename in pasiënte te hanteer, en het genoeg beddens en ventilators hiervoor, terwyl daar ook genoeg personeel is.

Sy sê die publiek moet alle nodige voorsorgmaatreels tref om gesond te bly.

Coetzee meen die toename is ‘n teken van die werklikheid van die virus, en mense moet dit besef.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.