On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Verdagtes gesoek ná NK-rooftog

───   11:16 Mon, 18 Jan 2021

Verdagtes gesoek ná NK-rooftog | News Article

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Kimberley het 'n intensiewe soektog begin na drie verdagtes wat Sondag 'n winkeleienaar in die Noord-Kaap oorval het en van 'n onbekende bedrag geld, asook 'n 9-millimeter berreta-vuurwapen, beroof het.

Polisiewoordvoerder Mohale Ramatseba sê die gemaskerde verdagtes het die winkeleienaar kort ná sewe in die oggend oorval toe hy sy winkel oopgemaak het. 

Die insident het by die Beaconsfield-supermark plaasgevind waar die verdagtes die winkeleienaar met kabelbinders vasgebind het. Hulle het glo in 'n wit VW Golf van die toneel gevlug. Ramatsheba se hulle soektog na die verdagtes duur voort.

Een verdagte het 'n swart baadjie gedra, die ander 'n groen baadjie met 'n wit hoedjie (bucket cap), terwyl die derde verdagte gewapen was. Enigeen met inligting kan die SAPD se Bernard Sebogilwe skakel by 060-864-6128. Die ondersoek duur voort.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.