On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Twee vas weens dagga in Noord-Kaap

───   16:49 Wed, 20 Jan 2021

Twee vas weens dagga in Noord-Kaap | News Article

Die polisie in Kakamas in die Noord-Kaap, vergesel deur die Upington intelligensie-eenheid, het ‘n huis in die Witsand gebied deursoek en beslag gelê op dagga met ‘n geskatte straatwaarde van R21 300.

R8 300 kontant is ook gekonfiskeer, terwyl twee 28-jarige mans in hegtenis geneem is.

Die waarnemende provinsiale kommissaris, Hendriette de Waal, het die betrokke lede geloof vir die arrestasies, en aangevoer dat die polisie steeds sal voortgaan om dwelms in die provinsie uit te roei.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.