Central SA
Moordverhoor van NK-polisieman begin─── 06:17 Mon, 25 Jan 2021
Die verhoor rakende die moord van die Noord-Kaapse polisiekonstabel, Stefano Visagie, skop Maandag in die Upingtonse Hooggeregshof af.
Visagie is op 8 Januarie 2020 saam met 'n vriend in dié vriend se huis in Lennertsville buite Keimoes aangeval en in sy slaap doodgesteek. Visagie het volgens inligting by sy vriend - wat die aanval oorleef het - gekuier toe die verdagte Emanuel Okafor hulle glo aangeval het.
Okafor is sedert die moord in aanhouding en sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen nadat verskeie pogings reeds deur die staat van die hand gewys is.
OFM-nuus/Roderick Titus
