Central SA
#CoronavirusNC: Hantam en Nama Khoi nou brandpunte─── 06:22 Tue, 26 Jan 2021
Die Hantam en Nama Khoi munisipale gebiede in die Noord-Kaap is as moontlike Covid-19 brandpunte geïdentifiseer.
Volgens die Departement van Gesondheid, is 175 nuwe gevalle van die virus, asook twee sterftes, in die vorige 24-uur-siklus in dié distrikte aangemeld, wat die provinsie se sterftesyfer op 546 te staan bring.
Die departement sê die Namakwa-streek het die hoogste aantal nuwe infeksies aangemeld op 48, gevolg deur 47 in die Frances Baard- en 44 in die ZF Mcgawu-streek. Daar is 25 gevalle is in die Pixley Ka Seme-streek aangemeld met 9 gevalle in die John Taole Gaetsewe-streek.
Die Noord-Kaap se algehele Covid-19 syfer staan tans op 30 960.
Die LUR vir Gesondheid, Maruping Lekwene, sê die departement gaan dringend aan die beskikbaarheid van suurstof by hospitale aandag gee, terwyl die aanstellings in 56 kliniese poste, asook mediese dokters, stabiliteit na die Namakwa-streek behoort te bring.
OFM-nuus/Roderick Titus
