On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

OB-verslag in NK aan Spesiale Ondersoekeenheid voorgelê

───   14:32 Tue, 26 Jan 2021

OB-verslag in NK aan Spesiale Ondersoekeenheid voorgelê | News Article
Photo: Pixabay

Die Noord-Kaapse Openbare Beskermer se verkrygingsverslag is aan die spesiale ondersoekeenheid voorgelê.

Die verslag het wenkbroue gelig oor miljoene rande se tenders wat toegeken is aan sakepersone met politieke bande, met min of geen ervaring in die verkryging van persoonlike beskermende toerusting (PBT) nie, insluitend nagklub-eienaars.

Die regering van Premier Zamani Saul het volgens die verslag op 31 Julie verlede jaar meer as R171 miljoen bestee aan PBT, maatskaplike hulp, asook die ontsmetting van openbare geboue - insluitend infrastruktuur en herstelwerk. Tenders is aan 175 maatskappye toegeken.

Die Finansies LUR, Abraham Vosloo, het in November 2020 'n span interne ouditeure saamgestel om die provinsie se Covid-19 aankope te oudit.

Hy het gewaarsku indien onreëlmatighede wel opgetel word, diegene wat verantwoordelik is die gevolge sal dra.

Woordvoerder vir die provinsiale Departement van Finansies en Toerisme, Ali Diteme, se ondersoek strek van 5 Maart tot 31 Augustus 2020.

Hy sê transaksies met betreking tot Covid-19 verwante aankope stem ooreen met die toepaslike aanwysingsnota vir die Nasionale Tesourie tydens die betrokke periode.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.