Central SA
Brand verwoes stoor by sinkmyn in NK - VIDEO─── 08:21 Mon, 01 Feb 2021
Mynpersoneel by die Gamsberg-sinkmyn naby Pella in die Noord-Kaap se Boesmanland, het ondersoek ingestel na 'n brand wat Sondagaand vroeg 'n stoor vir chemikalieë verwoes het.
Volgens die myn het die brand omstreeks om 19:00 uitgebreek en was dit 'n uur later geblus. Daar is geen beserings aangemeld nie.
Die myn het onlangs sy bedrywighede hervat nadat dit vroeër weens 'n grondstorting, waarin tien werkers vasgekeer was, bedrywighede opgeskort het. Agt van die werkers is vanuit die puin gered terwyl die liggaam van een werker gevind is. Die liggaam van die oorblywende myner word steeds gesoek.
OFM-nuus
