On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Toeriste stroom na damme in sentraal SA - VIDEO

───   CATHY DLODLO 10:12 Sun, 07 Feb 2021

Toeriste stroom na damme in sentraal SA - VIDEO | News Article
Foto: OFM-nuus

Die Gariep-streek in die Vrystaat het die naweek uit sy nate gebars toe toeriste van regoor die land daarheen gestroom het.

Die grootste trekpleister is die Gariepdam in sy volle glorie ná swaar reën die afgelope twee maande in sentraal Suid-Afrika. 

OFM-nuus het met verskeie gastehuis-eienaars gepraat wat aangedui het dat hulle volbespreek is. 

Hulle sê baie gaste het aangedui dat hulle verskeie damme gaan besoek. 

Die Augrabies-watervalle, buite Upington in die Noord-Kaap, is ook bo-aan die lys. 

Videos op sosiale media wys dat die valle weer eens sy naam - wat beteken plek van geraas - gestand doen. 

Besoekersgetalle gaan na verwagting eers later vandeesweek bekend wees.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.