Central SA
#NCfloods: Inwoners ontvang kospakkies─── 11:29 Sun, 07 Feb 2021
Die John Taolo Gaetsewe-distrik is een van die distrikte wat hard getref is deur die tropiese storm Eloise.
Oorstromings het dienslewering in meeste dele van die provinsie negatief beïnvloed, soos padnetwerke, huise wat beskadig is en die verspreiding van kragtoevoer in sekere gebiede.
Die Premier, dr. Zamani Saul, die LUR van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, tesame met lede van die Uitvoerende Raad, distriks- en plaaslike burgemeesters in die John Taolo Gaetsewe-distrik, het op 5 en 6 Februarie voortgegaan om saam te werk met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) om kospakkies uit te deel aan gesinne in gemeenskappe waar hulle nie toegang tot ekonomiese aktiwiteite het nie.
Dit is deel van die regering se tydelike hulpmaatreël vir gemeenskappe wat deur die oorstromings in die provinsie geraak is. Die regering sal toesien dat gemeenskappe sover moontlik gedemp word teen die verwoesting wat hierdie oorstromings meebring.
Die vergadering, wat Donderdag belê is, het 'n uitvoerige verslag van die Departement van Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake ontvang oor die reaksiemaatreëls van die provinsie om te verseker dat veral gesondheidsorgdienste nie belemmer word nie.
Die Departement van Gesondheid sal 'n helikopter vir mediese dienste in die lugdiens ontplooi wat in die distrik gestasioneer sal word om te help in noodgevalle.
Dit vorm deel van die voortgesette opdragte van die provinsiale regering om te verseker dat daar deur middel van 'n gekoördineerde poging, reageer gaan word op die gevolge van die oorstromings in die hele provinsie.
OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete
