On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Spanne soek na laaste NK-mynwerker ná grondstorting

───   14:33 Mon, 08 Feb 2021

Spanne soek na laaste NK-mynwerker ná grondstorting | News Article

Spanne van die Vedanta Zinc International-myn, asook dié van Moolmans by die Gamsberg-sinkmyn naby Pella in die Noord-Kaap se Boesmanland, soek steeds na die laaste mynwerker ná ‘n grondstorting in 2020.

Tien mynwerkers is aanvanklik vasgekeer. Die liggaam van een mynwerker is intussen gevind, terwyl agt ander tuis mediese behandeling ontvang.

Collette McRobert van Gamsberg-sinkmyn sê die spanne maak gebruik van gespesialiseerde toerusting om die rotse op te breek.

Sy voeg by die span het op rotse afgekom wat ongeveer 600 ton weeg. Sy sê die rotse moet uiters versigtig hanteer word om enige verdere grondstortings te voorkom.

Die span is reeds halfpad deur die area waar die grondstorting plaasgevind het.

Werksaamhede by die myn is vroeër hervat nadat ‘n ooreenkoms met die Departement van Minerale en Energie bereik is.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.