On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

NK skoolplasings glo Sondag voltooi

───   08:45 Fri, 12 Feb 2021

NK skoolplasings glo Sondag voltooi | News Article
File image

Die Noord-Kaapse onderwysdepartement is goed op dreef om alle leerlinge van skoolgaande ouderdom voor Maandag te plaas, wanneer die skooljaar afskop.

Luidens die Onderwysdepartement is die Namakwa- en Pixley Ka Seme-distrikte se toelatings alreeds 100% voltooi. Die Frances Baard-, ZF Mgcawu- en John Toalo Gaetsewe-distrikte sal na verwagting alle plasings teen Sondag voltooi.

Die LUR se kantoor is oorval met toelatingsappèlle en hierdie situasie het groot vertragings veroorsaak. Die departement het daarin geslaag om 1 549 leerders, wat by die kantoor van die LUR verwerk is, te plaas en die oorblywende 2 466  sal oor die volgende paar dae verwerk word. 

Die departement se woordvoerder, Geoffrey van der Merwe, voer aan dat daar beperkte skoolruimtes beskikbaar is vir graad R. Ouers van leerders wat nie 'n plek by 'n openbare skool gekry het nie, moet hul kinders by 'n gemeenskapsgebaseerde perseel inskryf.

Van der Merwe noem dat hulle 'n nuwe stelsel gebruik, en dat baie uitdagings daarmee gepaard gaan. Hy bedank almal vir hul samewerking en ook die geduld om die toelatings 'n sukses te maak.


OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.