Central SA
Miljarde nodig vir NK vloedskade─── 09:53 Sat, 13 Feb 2021
Die LUR vir Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake, Bentley Vass, sê meer as ‘n miljard rand is nodig om die skade wat die afgelope tyd weens die verwoestende storms en swaar reën in die provinsie aangerig is te herstel.
Hiervan word R600 miljoen benodig om humanitêre hulp te verleen, asook infrastruktuur te herstel, terwyl ondersteuning van landbouverliese ook hierin gereken word.
Vass sê vyf distriksmunisipaliteite is weens die swaar reën geraak met grootskaalse skade wat deur die water veroorsaak is.
Die gebied wat die ergste geraak is, is die John Taole Gaetsewe-streek, waar paaie - wat die ekonomiese middelpunt is wat dorpe met mekaar verbind - erg beskadig is.
Vyf distriksmunisipaliteite is weens die swaar reën geraak, met grootskaalse skade wat deur die water veroorsaak is.
OFM-nuus/Roderick Titus
