Central SA
Noord-Kaap man vas vir dwelms─── 15:10 Wed, 17 Feb 2021
'n 39-jarige Noord-Kaapse man is aangekeer in besit van dwelms ter waarde van meer as R500 000.
Die verdagte sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Galeshewe verskyn op aanklagte van dwelmhandel.
Die verdagte is in die vroeë oggendure vandag in sy woning in Seochwarengstraat, Galeshewe, aangekeer.
Volgens polisie woordvoerder Olebogeng Tawana is Kat en Tik sowel as 'n onbekende bedrag kontant in die verdagte se huis versteek gevind.
Tawana noem dat die Distrikskommissaris van die Frances Baard Distrik, Johan Bean, die distrikstaakspan en Kimberley Misdaad en Intellegensie geprys het vir hul vinnige opgetrede.
OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete
