On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

NK vra hulp van Ontwikkelingsbank

───   07:39 Mon, 22 Feb 2021

NK vra hulp van Ontwikkelingsbank | News Article

Die premier van die Noord-Kaap, Zamani Saul, sê hulle het by die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika aangeklop vir hulp met die infrastruktuurprobleme wat watervoorsiening in die Sol Plaatje-munisipaliteit teister.

Dit volg nadat die munisipaliteit die afgelope tyd gereelde krag- en wateronderbrekings ervaar het wat weens swak instandhouding die munisipaliteit se dienslewering kniehalter. 

Saul sê die huidige infrastruktuur is onvoldoende om die druk van water en sanitasie te hanteer en moet volledig herstel word. 

Die munisipaliteit word ook tans deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommisie se Chantelle Williams ondersoek nadat hulle nie daarin kon slaag om water aan inwoners te voorsien nie. 

Saul sê die Ontwikkelingsbank se hulp sal 'n totale oordoen van die gebied se water- en rioolstelsel sien aangesien die huidige stelsel heeltemal tot niet en verouderd is.

Inwoners ervaar die afgelope twee weke wateronderbrekings terwyl riool in sommige gebiede in die strate afloop en opdam by plekke.

Intussen het Eskom vroeër die hulp van die premier ingeroep om te verseker dat die munisipaliteit die die miljoene rande wat hulle die kragverskaffer skuld, moet betaal. 


OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.