On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Ondersoek na korrupsie by NK-munisipaliteit vorder

───   10:37 Mon, 22 Feb 2021

Ondersoek na korrupsie by NK-munisipaliteit vorder | News Article

Die ondersoek na beweerde korrupsie en diefstal van munisipale fondse, asook die verdwyning van bykans R5 miljoen van die Umsombomvu-munisipaliteit in die Noord-Kaap, vorder en sal binnekort met alle belanghebbendes gekommunikeer word.

Dit is volgens Lerato Khuno, woordvoerder vir die provinsiale Departement van Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake (Cogtha).

Dit volg nadat die Umsombomvu-gemeenskapsforum aangedui het dat hulle gereed is om die munisipaliteit onregeerbaar te maak deur massa protesoptredes indien die bevinding van die ondersoek, soos gelas deur die Valke in Februarie 2019, nie bekendgemaak gaan word nie.

Khuno sê alle eksterne rolspelers is gekontak om met die ondersoek te help terwyl die Provinsiale Tesourie, asook Salga en Coghta, deel vorm van die ondersoek na dié bewerings. 

Die forum beskuldig ook die premier, Zamani Saul, daarvan dat hy sy voete sleep met die bekendmaking van die bevinding. Dit omdat hy glo nie ingegryp het soos by die Renosterberg-munisipaliteit nie. 

Khuno sê die forum moet die ondersoekspan die nodige tyd gee om alle fasette van die ondersoek behoorlik vas te lê voordat dit bekendgemaak kan word.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.