Central SA
#ZondoCommission: Peters ontken inmenging─── 14:56 Mon, 22 Feb 2021
Die voormalige Noord-Kaapse premier en Minister van Vervoer, Dipuo Peters, het vandag voor die Zondo-kommissie van Ondersoek na Staatskaping verskyn en haarself van inmenging by die Passasierspooragentskap (Prasa) gedistansieer.
Peters is deur getuienis van die voormalige Prasa-direksievoorsitter, Popo Molefe, betrek.
Peters het tydens haar getuienis aangevoer dat sy nooit as minister deur enigiemand beïnvloed is om die uitslag van tenders te bepaal nie.
Sy het egter bevestig dat sy en Lucky Montana, die voormalige uitvoerende hoof van Prasa wat bedank het, asook Molefe, in 2015 deur oudpresident Jacob Zuma genooi is om Prasa-sake te bespreek.
Die voormalige Noord-Kaapse premier en minister het voet by stuk gehou dat sy nie by enige inmenging by Prasa betrokke was nie.
OFM-nuus/Roderick Titus
