Central SA
Sol Plaatje-inwoners briesend oor dienslewering─── 11:14 Thu, 04 Mar 2021
Betogende inwoners van die Noord-Kaapse hoofstad Kimberley se Phomolong uitbereiding het die Sol Plaatje munisipaliteit Woensdag twee weke gegee om dienslewering te verbeter.
Die groep het vroeër die strate ingevaar en die uitvoerende burgemeester, Patrick Mabilo, en sy Munisipale Bestuurder, Boy Dhulwayo, gevra om hul beloftes na te kom.
Die munisipaliteit se finansiële vermoë het volgens Mabilo versleg omdat verouderde infrastruktuur dienslewering bemoeilik. Inwoners sê hulle lewe al meer as 16 jaar sonder 'n rioolstelsel en water, terwyl hulle onlangs ook kragonderbrekings ervaar het.
Dhulwayo het aan ontstoke inwoners gesê dat daar onwettige strukture op die plekke is waar rioolpype aangebring moet word.
Diegene wat daar bly, wil nie skuif nie. Mabilo kon hom nie tot 'n vaste raamwerk verbind gedurende 'n byeenkoms vroeër met inwoners nie.
OFM-nuus/Roderick Titus
