On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Toerisme minister besoek Upington

───   12:30 Sat, 06 Mar 2021

Toerisme minister besoek Upington | News Article

Die Minister van Toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane het die 'We Do Tourism'-veldtog amptelik by 'n gastehuis in Upington in die Noord-Kaap van stapel gestuur.

Kubayi-Ngubane gaan die Kgalagadi Transfrontier Park, wat Namibië en Botswana met Suid-Afrika verbind, besoek as deel van haar tweedagse besoek aan die ZF Mcgawu-streek. Daar word ook verwag dat sy die Augrabies-waterval Nasionale Park sowel as Riemvasmaak gaan besoek. 

Sy sê dis belangrik dat die bedryf weer aan die gang kom omdat dit 'n massiewe bydrae lewer tot die ekonomie van die land, asook werk skep.

Die minister het verder Suid-Afrikaners aangemoedig om deur die land te reis en so die geleentheid gebruik om terselfdertyd meer te leer asook te ontspan.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.