Central SA
Besoekers weer by Upington-gevangenis toegelaat─── 11:35 Thu, 11 Mar 2021
Die Departement van Korrektiewe Dienste in Upington sê besoekers sal weer ingevolge Covid-19 Vlak 1 nasionale inperkingsregulasies by die plaaslike gevangenis toegelaat word.
Die departement se Lionel du Preez sê egter besoeke sal slegs per afspraak geskied, in 'n poging om die verspreiding van die virus te verhoed.
Gemeenskapslede wat gevangenes wil besoek, moet 'n afspraak maak.
Getallebeheer sal ook toegepas word as deel van die Covid-19 regulasies.
OFM-nuus
