On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Rietfontein-inwoners raadop met waterprobleme

───   06:21 Fri, 12 Mar 2021

Rietfontein-inwoners raadop met waterprobleme | News Article

Inwoners van Rietfontein en selfs aangrensende dorpe in die ZF Mcgawu-streek se Dawid Kruiper-munisipaliteit is raadop met die onvermoë van die munisipaliteit om 'n werkbare oplossing vir hulle waterprobleme te vind.

Gert Roman van Rietfontein sê waterprobleme is 'n gereelde verskynsel - veral in nuwe uitbreidings. 

Inwoners van die Skielik-woonbuurt in Upington, sowel as inwoners in die Namakwa- in die Nama Khoi-munisipaliteit, staar dieselfde uitdagings in die gesig. 

Die Departement van Water en Sanitasie se Amogelang Moholoeng sê intussen dat watervoorsiening in sommige streke 'n uitdaging begin word weens watersuiweringsaanlegte wat in verskeie dorpe probleme gee. 

Hy sê die departement werk hard daaraan om oplossings te vind.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.