Central SA
#CoronavirusNC: Nog 'n skool sluit─── 06:25 Wed, 17 Mar 2021
Die LUR vir Onderwys in die Noord-Kaap, Zolile Monakali, sê hy is bekommerd nadat nog 'n skool in die provinsie tydelik gesluit is omdat leerders positief vir Covid-19 getoets het.
Die Sonskyn-skool by Marydale is die jongste skool wat tydelik gesluit het nadat 20 leerders positief getoets het vir die koronavirus.
Monakali sê die infeksies wat by leerlinge gediagnoseer is, meng in met die provinsie se leerplan nadat vier skole ook vroeër in Calvinia weens Covid-19 gevalle gesluit is. Hy se die herlewing van nuwe infeksies in skole en die uitbreek in die Namakwa- en Pixley Ka Seme-streke wek kommer.
Die Departement van Gesondheid het intussen reeds gesondheidswerkers na die gebiede ontplooi om met massatoetsing te begin om enige verdere verspreiding van die virus hok te slaan.
OFM-nuus/Roderick Titus
