On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Saul sal nie korrupsie duld nie

───   09:45 Fri, 02 Apr 2021

Saul sal nie korrupsie duld nie | News Article
Northern Cape Premier Dr Zamani Saul

Die Noord-Kaapse Premier, Dr. Zamani Saul, sê enige ANC leier in die provinsie behoort hulself aan die regte kant van die gereg te bevind.

Dit, aangesien sy regering nie leiers sal duld wat by enige vorm van korupsie en bedrog ten koste van inwoners betrokke is gaan duld Nie.

Saul het tydens die opening van die kantoor van die Spesiale Ondersoekeenheid in die provinsie, die eerste in die Noord-Kaap, gesê dit sal verseker dat politieke leiers tot verantwoording geroep word.

Hy sê die plundering van die staatskas het verreikende implikasies op die geloofwaardigheid van die ANC as regerende party, asook dienslewering aan die mense wat die party met hulle stemme vertrou.

Saul het tydens sy provinsiale rede beklemtoon dat die eenheid in die belang van die provinsie se mense sal optree.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.