Central SA
R4,5 miljoen in Upington geroof─── 14:03 Tue, 06 Apr 2021
‘n Transitorooftog het vanoggend omstreeks 6:00 naby die Kalahari Mall in Upington plaasgevind.
Nagenoeg R4,5 miljoen is gesteel.
Die roofto is na verneem word deur vyf swaar gewapende mans uitgevoer. Die verdagtes het glo in die geldwa vasgery en dit so gedwing het om tot stilstand te kom.
Hulle het in ‘n swart Toyota Avanza van die toneel gevlug. Geen beserings is aangemeld nie.
Vroeër is ‘n sakeman in die middedorp van ‘n onbekende bedrag kontant geroof, terwyl talle ander van hulle geld by OTM masjiene deur sweldelaars beroof is.
OFM-nuus/Roderick Titus
